SHOWING ARTICLE 18 OF 66

Realtors vier Erfenisdag

Category The Realtors Way

Realtors vier Erfenisdag!

Erfenisdag in Suid-Afrika is 'n viering van kultuur en tradisie. Dit is 'n tyd waar mense van alle agtergronde saamkom om te herdenk waar ons vandaan kom en om ons ryk erfenis te vier.

Omdat braai so 'n ryk erfenis van ons land al geword het, ken baie van ons dit al as "Braai Dag".

By meeste huise se skoorstene trek die rook al vroeg die oggend op die 24ste September, maar hierdie jaar begin die vure seker al die 23ste, want net die dag voor Erfenisdag, speel die Springbokke hulle derde spel teen Ierland 21h00 in die Rugby Wêreld Beker. Hierdie behoort 'n groot wedstryd te wees!

Die Rugby Wêreld Beker is nog 'n geleentheid waar ons nasie saam kom om ons spanne te ondersteun en ons passie vir die sport te vier. Dit is 'n tyd waar ons onsself verenig as 'n gemeenskap, ongeag van jou agtergrond. 

Realtors Group verstaan die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid en hoe dit ons nasie kan versterk. The Crest se area agent Le Rische Meiring in samewerking met CGW Buurtweg, nooi inwoners van The Crest om hierdie jaar Erfenisdag te vier op 17 September, waar ons 'n gemeenskapsbraai sal hê en n lekker worsrolletjie sal uitdeel tussen 12h00 - 14h00, kontak Le Rische vir meer besonderhede. Hierdie braai is meer as net 'n gesellige byeenkoms. Dit is 'n geleentheid om saam te kom as 'n gemeenskap en die buurtwag te ondersteun. Ons nooi alle The Crest inwoners om 'n draai te kom maak en om meer inligting van die buurtwag te ontvang.

Realtors Group het ook n braaidag kompetisie wat hardloop tot en met die 24ste September. Volg die skakel om deel te neem en staan 'n kans om een van drie gelukkige Braaidag geskenkpakkiewenners te wees.

Hou ook julle oë op ons agente se sosiale bladsye vir 'n geleentheid om elke week tot die Wêreld Beker verby is 'n Realtors Group Rugby Bal te wen by ons Soneike en Welgemoed takke.

Sterkte aan die kompetisie deelnemers en sterkte aan ons Springbokke vir die res van die Wêreld Beker, Realtors staan 100% agter julle.

#GoBokke #RealtorsGroup #Braaidag #BraaiVirErfenis #RWC2023

Author: Realtors Group

Submitted 11 Sep 23 / Views 364